top of page
Search
All Posts


Perfek vir Tuisskolers - Die Eiland Tweeling!
Is jy moeg vir Afrikaanse leesboeke wat nie regtig Afrikaans klink nie? Wil jy jou kinders boeke gee wat nie net in suiwer Afrikaans geskryf is nie, maar ook hul woordeskat uitbrei ? Dan het ek presies die regte reeks vir jou. Ek is die skrywer van die Eiland Tweeling-reeks . In 2024 het ek die eerste boek, Avontuur op Aster Eiland , vrygestel. Die verhaal het só gewild geraak dat dit binnekort herdruk word, die tweede boek in 2025 verskyn het, en die derde reeds in produksi
Rholien Nel
Mar 102 min read


Inleiding tot Alice en haar Maats
Die derde boek in my Alice reeks is in produksie en sal moontlik binne die eerste ses maande van 2026 vrygestel word. Met hierdie vooruitsig het ek besluit om ‘n inleiding tot die boek te skryf. Ons gaan gesels oor die hoofkarakters, waarna julle kan uitsien, en ook so bietjie oor die toekoms van die Alice reeks. Tyd en plek: Ons begin die boek in Julie 1950 en die storie speel af oor die volgende 9 maande tot by April 1951. Baie van die verrigtinge speel of in by die ko
Rholien Nel
Jan 302 min read


Emma se Viool
Vyf Prinsesse - Hoofstuk 12 Elke oggend stap Emma en Nora skool toe en in die middag speel Nora met Lara in die sitkamer en Emma oefen haar viool. Lara is 'n wonderlike hondjie. “Lara, ek is seker jy sal mal wees oor Mamma.” Gesels Nora met haar maatjie. “Mamma is die wonderlikste mamma en Julia het in die laaste brief gesê dat sy weer heeltemal gesond is. Ek wonder hoekom ons nog nie huis toe kan gaan nie?” “Ek dink mamma wil hê dat Maya eers gesonder moet word,” sê Emma
Rholien Nel
Nov 25, 20255 min read


Sirkus op Seekat Eiland – ’n Perfekte Leesboek vir Tuisskolers
Rholien Nel, die jong Suid-Afrikaanse skryfster van verskeie kinderboeke, het in 2024 haar populêre verhaal Avontuur op Aster Eiland vrygestel. Dié boek was ’n gunsteling onder seuns en meisies tussen 7 en 12 jaar oud, en lesers het dit met groot entoesiasme verslind. Nou is hulle opgewonde vir die opvolgverhaal: Sirkus op Seekat Eiland . Soos die titel verklap, speel die nuwe avontuur af op Seekat Eiland, waar ’n sirkus vir ’n week tuisgaan. Die Eiland Tweeling word uitgeno
Rholien Nel
Sep 9, 20252 min read


Die Wonderlikste Plek op Aarde
Alice van Edelweiss - Hoofstuk 1 "Mamma! Hier kom Eric!” raas Anna Hauser in haar gesette ma se rigting. Die dogtertjie staan bo-op haar stoel met haar lepel in die hand en kyk met 'n kameelperdnek by die venster uit. Tant Ella, 'n mollige, vrolike tannie, gebied haar dogter om soos 'n mens te gaan sit en waggel by die deur uit na waar die sestienjarige Eric haar op sy bokwaentjie sit en inwag. Die seun suig aan 'n grassie en sy stokhoringoue hoed sit skeef met 'n swart ve
Rholien Nel
Sep 8, 20256 min read


’n Vreeslike Dag
Die Woorde Prinses - Hoofstuk 3 “Daniella, hoekom het jy die borde gebreek?” vra Bernice moedeloos. Lisa staan regop langs die deur en bekyk vir Daniella wat voor die hoof se lessenaar staan. “Daar is ’n rede vir alles,” dink sy. “Ek wonder net wat hierdie meisie se rede kan wees.” Daar is vir baie lank stilte. “Daniella, ek het vir jou ’n vraag gevra; antwoord my asseblief.” “Ek wil nie.” die meisie kyk na die boekrak. Skielik kan Lisa haarself nie meer beheer nie en sy sta
Rholien Nel
Aug 21, 20256 min read
bottom of page