Perfek vir Tuisskolers - Die Eiland Tweeling!
Updated: Mar 12
Is jy moeg vir Afrikaanse leesboeke wat nie regtig Afrikaans klink nie?
Wil jy jou kinders boeke gee wat nie net in suiwer Afrikaans geskryf is nie, maar ook hul woordeskat uitbrei? Dan het ek presies die regte reeks vir jou.
Ek is die skrywer van die Eiland Tweeling-reeks. In 2024 het ek die eerste boek, Avontuur op Aster Eiland, vrygestel. Die verhaal het só gewild geraak dat dit binnekort herdruk word, die tweede boek in 2025 verskyn het, en die derde reeds in produksie is!

Waarom is hierdie boeke ideaal vir tuisskolers?
Geskryf in pragtige, skoon Afrikaans wat taalontwikkeling en leesvreugde bevorder.
Geloofwaardige, betowerende stories sonder toordery of bonatuurlike wesens.
Elke boek bevat ’n woordelys voorin wat verduidelikings en ekstra kennis bied.
Belangrike boodskap oor natuur- en kultuurbewaring, sonder om vervelig te preek.
Kort hoofstukke wat maklik in ’n lesplan ingewerk kan word.
Waaroor gaan die stories?
Die boeke speel af in die Eilandpark, ’n groep eilande wat deel vorm van ’n natuurreservaat. Elke eiland het sy eie unieke ‘wonder’—iets besonders wat die avontuur ’n tikkie fantasie gee, maar steeds werklik bestaan en die leser met nuwe bewondering vir die wêreld vul.
Ons hoofkarakters, Rita en Pieter Bekker – die Eiland Tweeling – is vasbeslote om die eilande te bewaar. Hulle moet skelms en seerowers teëstaan, maar dit is nie altyd net gevaar en spanning nie. Die seerowers se onhandige planne en snaakse streke sorg vir hope humor, wat die avonture lig en vrolik maak. Intussen maak die tweeling ook nuwe maats, en elke avontuur bring sy eie unieke kombinasie van vriendskap, misterie, en wonder.
Die boeke is ’n gunsteling onder seuns én meisies tussen 7 en 12 jaar oud.
Waar kan jy dit kry?
Jy kan die boeke direk by my bestel, of by The Local Book Hive, ’n aanlynwinkel waar jy sommer ook iets vir jouself kan optel terwyl die kinders lees.
En as jy nog twyfel: elke boek bevat ’n kaart! Só kan jong lesers die eilande self verken, sien waar die avonture afspeel, en die reis van die Eiland Tweeling stap vir stap naspeur.
So, is jy gereed om jou kinders op ’n avontuur te stuur wat hul Afrikaans versterk én hul verbeelding laat vlieg?





Die boeke lyk so mooi, en ek kan nie wag om dit te lees nie!