top of page

Edelweiss

WhatsApp Image 2026-02-28 at 9.20.58 PM.jpeg

   Teen een van die berge in Switserland lê ‘n klein dorpie met die naam Edelweiss. Hier speel baie stories af: daar is wat in die dennebos, ‘n geheime tuin op ‘n krans en vrugteplase onder in die vallei.

   Kom deel in Anna se berg avonture, Alice se kosskool ervaringe, en Lisa se stories as ’n onderwyseres!

Alice van Edelweiss eBoek.png

Alice van Edelweiss

Alice #1

Edelweiss #1945

   Wanneer Alice by tant Ella in Edelweiss gaan bly, moet sy gewoond raak aan die nuwe soort lewe. Sy is 'n weeskind wat niks weet van familie of liefde nie en daarby weet sy nie eers wat haar van is nie.

​

   Die dogtertjie raak egter baie gou lief vir die mense en die dorp en hulle vir haar. Sy kry 'n beste maatjie, leer lese en kom agter dat die groot familie by wie sy bly, haar baie lief het.

​

   Alice gaan saam met haar maatjie na 'n groot skool waar sy 'n meisie ontmoet wat net soos sy nie 'n van het nie en amper presies soos sy lyk...

Alice se Mense 17.png

Alice se Mense

Alice #2

Edelweiss #1948

   Alice se lewe het heeltemal verander vandat sy deur die Hausers aangeneem is; dit is iets wonderliks wat gevul word met vreugde en geluk.

​

   Alice is baie gelukkig maar daar is een ding wat sy nog oor droom... een ding wat sy nog voor wens en voor bid. Dit is daarom dat sy nie anders kon as om saam met die mense te gaan wat sê dat hulle haar ouers is nie. Sy wou so graag weet hoe dit sou voel om ouers te hê dat sy nie kon sien wat aan gaan nie.

​

   Alice is op ‘n nuwe avontuur en sy en haar beste vriendin, Lina, leer baie. Hulle maak ook ‘n nuwe maat, Madeleine, en Alice ontdek dat die mense wat vir haar lief is ‘n baie goeie familie uitmaak.

Alice en haar Maats.png

Alice en Haar Maats

Alice #3

Edelweiss #1950

    Edelweiss se jaarlikse jeugkamp breek aan, en die jongklomp geniet hierdie geleentheid vreeslik. Alice en Lina is egter albei besig om groot te word, en dit is nie altyd ’n maklike proses nie.

​

    Lina ervaar haar eerste bietjie romanse terwyl sy probeer om Alice se vriendskap te behou. Madeleine word heeltyd geterg omdat haar beste vriend ’n seun is, en Francine, die nuwe meisie, besluit om deur die koshuisvenster te klim. Intussen hoop Alice se probleme op wanneer sy besef dat twee seuns na haar vry, terwyl sy nog nie reg is vir die skielike toevloei van aandag en liefde nie.

​

    Gelukkig is dae in Edelweiss altyd groot pret, en met Anna se kaskenades sal niemand hulle ooit verveel nie. Edelweiss bly die beste plek op aarde, familie die kosbaarste, en maats die lekkerste.

Edelweiss voorblaye.png

Vyf Prinsesse

Vyf Prinsesse #1

Edelweiss #1951

   Julia, Lisa, Maya, Emma en Nora probeer om altyd mooi te lewe, maar sal hulle wanneer dinge begin sleg gaan dit kan vol hou?

   Julia is 'n groot meisie en soos altyd bly sy maar die huisvrou wat net 'n gesin wil hê.

   Lisa se droom is nog steeds om te skryf maar die hele wêreld is nie so vriendelik soos Edelweiss nie.

   Maya teken heeltyd, dit is haar lewe en haar grootste begeerte om beroemd te word. Ons kleinste Prinses val egter uit die boomhuis en staan 'n kans om nie weer te loop nie.

   Emma speel nog getrou die viool en nou baie beter as toe sy vier was. Dowe tant Amilia gaan egter vir 'n probleem sorg maar Emma kan soos net 'n ware prinses deurdruk en alles regmaak.

   Nora is haar ma se dogtertjie wat altyd op soek is na nuwe maatjies en verseker die lewe vir haar gesin heerlik maak met haar glimlaggie.

Die Woorde Prinses.png

Die Woorde Prinses

Vyf Prinsesse #2

Edelweiss #1954

   Lisa Baumann staan in Edelweiss bekend as ‘Die Woorde Prinses’. By die meisies-kosskool waar sy skool gee staan sy egter beken as Mejuffrou Baumann, die juffrou wat altyd daar is om almal uit te help.

​

   Die jong onderwyseres se lewe word gevul met mense soos Daniella wat nors en kwaai is en sy moet kort-kort haarself keer om nie kwaad te word nie. Ook mense soos die blinde klein Daniel wat mens se hart kan raak en Lisa weer laat besef in watter tipe wêreld sy bly. En dan mense soos mamma, haar susters en Nathan wat altyd by haar sal staan en haar sal help wanneer dinge moeilik raak.

bottom of page