

Avontuur op Aster Eiland
Die Eiland Tweeling #1
​
Pieter, Rita, Danie en Debbie woon saam met hulle ouers op hulle liewe Aster eiland.
​
Eendag word hulle vrede egter versteur deur Professor Reworees wat die hele eiland omdolwe en maak dat hulle amper hulle eiland verloor. Maar waarvoor soek die professor? Is hy en hulle dalk opsoek na die selfde ding?
Die tweede uitgawe is nou beskikbaar en daar is 10% afslag vir die eerste 3 bestellings.

Sirkus op Seekat Eiland
Die Eiland Tweeling #2
​
Die Eiland Tweeling se tweede avontuur begin wanneer hulle gaan help by die sirkus op Seekat Eiland.
​
Aanvanklik kon hulle nie raai dat iets verkeerd was nie, maar gou begin dinge skeefloop en binnekort is die tweeling en hulle maats in die middel van ‘n avontuur.
​
Daar is ’n sirkus, daar is ’n seekat — en boonop is daar nie net een seerower nie, maar drie!
.png)
Diewe uit die Diepsee
Die Eiland Tweeling #3
Daar is groot ontstelling wanneer die Eiland Museum afbrand en Rita en Pieter is dadelik nuuskierig oor wat kon gebeur het. Hoekom het die plek afgebrand? hoekom kan geen van die bewaarde items gevind word nie?
En daar en dan sleep hulle sommer hulle twee sirkus maats saam in die avontuur in - hulle moet uitvind wat hier aangaan!