Sirkus op Seekat Eiland – ’n Perfekte Leesboek vir Tuisskolers
Rholien Nel, die jong Suid-Afrikaanse skryfster van verskeie kinderboeke, het in 2024 haar populêre verhaal Avontuur op Aster Eiland vrygestel. Dié boek was ’n gunsteling onder seuns en meisies tussen 7 en 12 jaar oud, en lesers het dit met groot entoesiasme verslind. Nou is hulle opgewonde vir die opvolgverhaal: Sirkus op Seekat Eiland.

Soos die titel verklap, speel die nuwe avontuur af op Seekat Eiland, waar ’n sirkus vir ’n week tuisgaan. Die Eiland Tweeling word uitgenooi om te help met die versorging van die diere waarvan ’n apie, ’n olifant en ’n leeu die meeste aandag trek. Die sirkusbaas se twee kinders sluit gou by die avontuur aan, en saam beleef die groep ’n week vol pret en verrassings.
Die sirkus sorg reeds vir opwinding maar, daar kom nog by wanneer drie skurwe seerowers by die storie aansluit. Hulle is op soek na ’n verlore diamant, en hul komiese pogings om die skat te vind sorg vir hope humor, so wel as spanning. Terwyl die seerowers planne smeed, probeer die kinders alles in hul vermoë om die diamant, wat al vir eeue lank in die seekat se grot is, te beskerm.
Die Eiland-reeks is geïnspireer deur die klassieke Famous Five-boeke van Enid Blyton, maar met ’n unieke Suid-Afrikaanse geur. Die stories is geskryf in pragtige, skoon Afrikaans—ideaal vir tuisskolers wat op soek is na leesstof wat taalontwikkeling, verbeelding en avontuur aanmoedig. Al is die verhaal nie heeltemal realisties nie, bly dit geloofwaardig en betowerend sonder om op toordery of bonatuurlike wesens staat te maak.
Die storie dra ook ’n belangrike boodskap oor: die beskerming van die natuur en die waarde van historiese items. In ’n wêreld waar die omgewing dikwels verwaarloos word, bied hierdie boek ’n speelse maar betekenisvolle herinnering aan die belangrikheid van bewaring.
Kontak gerus die skrywer vir meer inligting.
Email: rholiennel@gmail.com



Comments