top of page

Inleiding tot Alice en haar Maats

Writer: Rholien Nel
Rholien Nel
Jan 30
2 min read

Updated: Mar 12

Die derde boek in my Alice reeks is in produksie en sal moontlik binne die eerste ses maande van 2026 vrygestel word.  Met hierdie vooruitsig het ek besluit om ‘n inleiding tot die boek te skryf.  Ons gaan gesels oor die hoofkarakters, waarna julle kan uitsien, en ook so bietjie oor die toekoms van die Alice reeks.

 

Tyd en plek:

Ons begin die boek in Julie 1950 en die storie speel af oor die volgende 9 maande tot by April 1951. Baie van die verrigtinge speel of in by die koshuis en in Edelweiss, maar ons kan ook uitsien na ’n paar kuiertjies by ander plekke.

 

Die Karakters:

Ons vier hoofkarakters is Alice en haar drie maats:

·        Lina, wat Alice se beste vriendin geword het in die eerste boek,

·        Madeleine wat bygekom het in die tweede boek,

·        En Francine wie deel word van die groep in hierdie boek.

Ander karakters waarvan ons gereeld hoor is:

·        Anna Hauser, wat ook nou op kosskool is en natuurlik sorg vir humor,

·        Bernice Keller wat skoolhoof is en haar verloofde Fredrick Bachmann,

·        Madeleine se vriend Manual,

·        Franz Schneider wat ‘n ‘liefdes belangstelling’ vir een van ons hoofkarakters word,

·        En Dominic Amato wat ‘n baie goeie vriend van Fredrick is.

 

Waarna kan julle uitsien?

·        Eerstens is daar die bogenoemde Franz Schneider, wat deel is van ’n oulike romanse. Om eerlik te wees, hy is tot dusver my gunsteling manlike karakter.

·        Groot Christelike temas is ook by die storie ingevleg en let gerus baie goed op na Francine en haar verandering deur die boek op.

·        Natuurlik is daar heerlike ‘kleindorpie kaskenades’ en verskeie lagwekkende tonele.

·        Daar is ook verwikkelinge vir die skoolhoof en die prokureur.



Waarvoor kan julle uitkyk?

·        Kyk gerus na die maniere waarop Alice en Lina deur die loop van die boek meer volwasse raak, byvoorbeeld in hoe hulle probleme hanteer.

·        Kyk ook (soos ek reeds genoem het) na Francine: die dinge wat sy dink, hoe sy deur die boek kort-kort verwys na ‘sulke tipe meisies’, en hoe sy groei onder die invloed van haar nuwe maats.

 

Ek is persoonlik vreeslik opgewonde oor hierdie boek en ek hoop regtig julle almal is ook! Laat weet gerus in die kommentare waarna julle die meeste uitsien, en dan wag ons saam in spanning vir die vrystelling.

©RholienNel2026

 
 
 

Comments


bottom of page